Psalms 19:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is geen spraak of taal, waar hulle stem nie gehoor word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die een dag vertel vir die ander dag; die een nag vir die volgende nag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan: |
| Afrikaans 1983 | Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dag ná dag bring dit 'n boodskap voort en nag ná nag deel dit kennis mee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die een dag sê dit vir die volgende dag, die een nag sê vir die volgende nag wat gebeur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Alles wat Hy gemaak het, vertel hoe belangrik Hy is. Dis of die een dag met die volgende dag praat en die een nag vir die volgende nag fluister. Hulle dra die boodskap van God se eer en grootheid verder en verder oor. |