Psalms 19:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dag tot dag spreek spraak, en nag tot nag spreek kennis uit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hemele verkondig die heerlikheid van God. Die uitspansel getuig van die werk van sy hande. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. |
| Afrikaans 1983 | Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hemel sê God is koning, die hemeldak vertel wat Hy gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy opkyk na die hemel, sien jy hoe die ruimtes daar bo God se grootheid uitstraal. Sy eer is oral in die lug opgeteken. In die blou hemelruim sien jy wat Hy alles met sy eie hande gemaak het. |