Psalms 19:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor U oë, o HERE, my sterkte en my verlosser. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en bewaar my van opsetlike sondes! Laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek vry wees van skuld, en onskuldig aan groot oortredings. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding. [ (Psalms 19:15) Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser! ] |
| Afrikaans 1983 | Weerhou my van opsetlike sondes, laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek onberispelik wees en vry van hierdie groot sonde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Weerhou u dienskneg ook van vermetelheid. Laat dit nie oor my heers nie; dan sal ek onskuldig wees en vry van ernstige oortredings. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En U moet ook keer dat ek nie sonde doen wanneer ek weet dit is verkeerd nie, U moenie dat die sondes oor my regeer nie. Dan sal ek nie skuldig wees nie en nie teen U opstandig wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En keer my as ek van plan is om opsetlik verkeerde dinge te doen. Moenie dat slegte dinge oor my lewe baasspeel nie. As U my help, sal ek sonder foute wees. Dan sal ek nie aanhou om oor en oor die verkeerde dinge te doen nie. |