Psalms 19:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bewaar ook u kneg van vermetele sondes; laat hulle nie oor my heers nie; dan sal ek opreg wees en onskuldig wees van die groot oortreding.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie kan sy eie oortredings verstaan? Spreek my vry oor verborge sondes,
Afrikaans 1933/1953 Die afdwalinge -- wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.
Afrikaans 1983 Wie sien sy eie dwalinge raak? Moet my tog nie straf vir sondes wat ek onwetend gedoen het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie het insig in sy onbewuste dwalings? Spreek my vry van verborge sondes!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand weet self wat hy alles verkeerd doen nie. Here, U moet my vergewe wanneer ek verkeerde dinge doen en nie weet dat dit verkeerd is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ongelukkig sien ’n mens nie altyd die dinge raak wat jy verkeerd doen nie. Here, vergewe al my foute waarvan ek nie weet nie, wat ek gedoen het sonder dat ek besef het hoe verkeerd dit is.