Psalms 19:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder word U dienaar deur hulle gewaarsku, en om hulle te bewaar, is daar groot loon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is kosbaarder as goud, selfs as die fynste goud. Hulle is soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop. |
| Afrikaans 1983 | Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit 'n heuningkoek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is begeerliker as goud, begeerliker as 'n oormaat fyngoud; dit is soeter as heuning, as 'n heuningkoek wat drup. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Alles wat die Here sê, is beter as goud, beter as baie goud, dit is soeter as heuning, soeter as vars heuning. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat God wil hê, is vir jou lewe kosbaarder as goud; dit is baie meer werd as ’n hele hoop suiwer goud. Om God se wil te doen bring groter vreugde as die soetste heuning wat daar is. |