Psalms 19:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Meer begeerlik is hulle as goud, ja, as baie fyn goud; ook soeter as heuning en heuningkoek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die gebooie van die Here is suiwer, dit bly vir altyd staan. Die Here se voorskrifte is reg; elkeen van hulle is regverdig.
Afrikaans 1933/1953 Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid -- tesame is hulle regverdig.
Afrikaans 1983 Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ontsag vir die Here is rein, dit hou vir altyd stand; die beslissings van die Here is waar, dit is almal regverdig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die gebooie van die Here is reg, dit sal altyd waar wees. Wat die Here besluit, is soos dit moet wees, dit is altyd regverdig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here verwag dat sy kinders na Hom moet luister. God se wet geld vir altyd. Dit wys ons hoe om te leef soos God wil hê. Wat Hy sê, is reg. Sy woorde leer jou om reg en regverdig te lewe.