Psalms 18:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar het 'n rook uit sy neusgate opgegaan en vuur uit sy mond het verteer; kole het daardeur aangesteek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gerammel, hulle het geruk vanweë sy toorn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was. |
| Afrikaans 1983 | Die aarde het geskud en gebewe, die fondamente van die berge het getril en geskud, want Hy was vertoorn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder. Dit het geskud want sy toorn het ontbrand: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die aarde het geskud en gebewe, die fondamente van die berge het gebewe en geskud, want die Here was kwaad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het kwaad geword, en toe het die aarde begin bewe. Dit het gelyk of iemand die berge vat en rondskud. |