Psalms 18:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die aarde gebewe en gebewe; En die fondamente van die heuwels het geswaai en geskud, omdat Hy toornig was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In my angs het ek tot die Here geroep, tot my God geroep om hulp. In sy heiligdom het Hy geluister; my hulpgeroep het Hy gehoor. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom. |
| Afrikaans 1983 | In my nood roep ek na die Here, ja, ek roep om hulp na my God. In sy paleis hoor Hy my geroep. Ek roep na Hom om hulp, en Hy luister na my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In my benoudheid het ek na die Here bly roep; na my God het ek om hulp geroep. In sy paleis het Hy my stem gehoor; my hulpgeroep voor Hom het sy ore bereik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer dit sleg gaan, dan skree ek: Here! Ek roep na my God, ek vra dat Hy my moet help. Hy hoor my stem in sy paleis, Hy hoor wanneer ek na Hom roep en vra Hy moet my help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het ek na die Here geroep. Ek het Hom gevra om my asseblief te help... en my God het my gehoor! Daar waar Hy bly, luister Hy na my as ek roep. |