Psalms 18:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die smarte van die doderyk het my omring: strikke van die dood het my verhinder.
Afrikaans (NLV) 2011 Bande van die dood omring my; strome van onheil oorweldig my.
Afrikaans 1933/1953 Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.
Afrikaans 1983 Bande van die dood het my omsluit, strome van onheil het my verskrik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bande van die dood het my omsluit, strome van vernietiging het my verskrik,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dood wou my vasbind met toue, waterstrome het oor my gespoel en wou my doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het vir my gevoel of die dood my vasgedruk het, ja, asof alle moeilikheid soos golwe oor my slaan.