Psalms 18:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodra hulle van My hoor, sal hulle My gehoorsaam; die vreemdelinge sal hulle aan My onderwerp.
Afrikaans (NLV) 2011 In die stryd met teenstanders het U my verlos, my aangestel as koning oor nasies. ’n Volk wat ek nie geken het nie, dien my nou.
Afrikaans 1933/1953 U het my gered uit die getwis van die volk; U het my 'n hoof gemaak van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.
Afrikaans 1983 U het my gered van opstandige mense, my as hoof van vreemde nasies aangestel. 'n Volk wat ek nie geken het nie, is my onderdane.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U het my bevry van die gestry onder mense, my die hoof van nasies gemaak. Mense wat ek nie geken het nie, dien my;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U red my van my eie mense wat opstandig is teen my, U maak my die hoof van volke en U beskerm my. Mense wat ek nie geken het nie, doen nou wat ek sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het my gehelp om uit die kloue te kom van hierdie mense wat net wil baklei. Nou is ek hulle koning en moet hulle na my luister. Mense wat ek eers nie geken het nie, moet my nou dien.