Psalms 18:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het my verlos uit die getwis van die volk; en U het My die hoof van die nasies gemaak; 'n volk wat ek nie geken het nie, sal My dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek maal hulle fyn soos die stof van die aarde, soos modder op straat vermorsel ek hulle. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate. |
| Afrikaans 1983 | Ek maak hulle fyn soos stof in die wind, ek laat hulle wegspat soos modder in die strate, ja, ek vermorsel hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het hulle so fyngestamp soos stof in die wind; soos modder in die strate het ek hulle uitgegooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek slaan hulle fyn soos stof wat wegwaai in die wind, ek trap op hulle soos ek trap op die modder in die paaie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het hulle mag totaal gebreek, soos klip wat ’n mens fynmaal soos stof en in die wind rondstrooi, of soos modder wat jy in die pad gooi vir almal om op te trap. Ek het hulle vertrap. |