Psalms 18:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Ek hulle verpletter soos die stof voor die wind; Ek het hulle uitgegooi soos die stof op die strate.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle roep om hulp, maar niemand kom help nie; selfs tot die Here, maar Hy antwoord hulle nie.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie -- tot die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
Afrikaans 1983 Hulle roep om hulp en daar is niemand wat help nie; hulle roep selfs na die Here, maar Hy antwoord hulle nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het om hulp geroep, maar daar was geen verlosser nie, selfs na die Here geroep, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle skree en vra dat iemand hulle moet help, maar niemand red hulle nie, hulle roep na die Here, maar Hy antwoord hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle smeek iemand om hulle te help, maar daar is niemand nie. Nou skielik vra hulle die Here om te help, maar Hy steur Hom nie aan hulle nie.