Psalms 18:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het my voetstappe onder my vergroot, sodat my voete nie gegly het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U redding is vir my ’n skild. U regterhand ondersteun my; u hulp maak my sterk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Die redding wat U gebring het, was vir my 'n beskerming, u regterhand het my ondersteun, deur u hulp het ek sterk geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het vir my u skild van verlossing gegee, u •regterhand ondersteun my en u antwoord maak my sterk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die skild wat U vir my gee, red my lewe, U help my om regop te bly staan, U help my, en dit gaan goed met my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U self beskerm my en red my waar ek U nodig kry. U het moeite gedoen en my gehelp. U was baie goed vir my. Ek was ’n oorwinnaar. |