Psalms 18:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want wie is God behalwe die HERE? of wie is 'n rots behalwe onse God? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. |
| Afrikaans 1983 | Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God, sy weg is volmaak; die woord van die Here is gelouter. Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wat God doen, is alles reg, wat die Here sê, is altyd waar. Hy is soos 'n skild vir almal wat na Hom toe vlug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God se pad is volmaak. Jy kan alles glo wat Hy sê. Hy beskerm almal wat by Hom kom wegkruip. |