Psalms 18:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal die HERE aanroep wat lofwaardig is; so sal ek van my vyande verlos word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
Afrikaans 1983 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here is my rotsvesting, my bergskuiling, my bevryder. My God is my rots by wie ek skuil, my skild en die horing van my redding, my toevlugsoord.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, U is my Rots, my veilige plek in die berge, U maak my vry. My God, U is my rots, ek voel veilig by U, U is vir my soos 'n skild, U is sterk en U red my, U is vir my 'n veilige plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy help my as ek in die moeilikheid is, want Hy is sterk. Ek kruip by Hom weg. Hy is my God, en Hy is reg rondom my om my veilig te hou.