Psalms 18:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want al sy verordeninge was voor my, en ek het sy insettinge nie van my af weggeneem nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Want ek was getrou aan die voorskrifte van die Here; ek was nie skuldig teenoor my God nie.
Afrikaans 1933/1953 Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie;
Afrikaans 1983 want ek het die wil van die Here gehoorsaam en my nie teenoor my God skuldig gemaak nie;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want ek het op die Here se paaie gebly en my nie skuldig gemaak voor my God nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, ek het gedoen wat die Here wil hê. Wanneer my God my oordeel, dan is ek nie skuldig nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat ek graag doen wat Hy van my vra, het Hy my gehelp. Omdat ek nie verkeerde dinge gedoen het nie, het die Here mooi vir my gesorg.