Psalms 18:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het my ook uitgelei op 'n groot plek; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het aangeval toe ek in die moeilikheid was, maar die Here hou my staande. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die HERE was my steun. |
| Afrikaans 1983 | Die dag toe hulle my aangeval het, was my ondergang naby, maar die Here het my daarvan bewaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die dag van my teenspoed het hulle my ingewag, maar die Here was vir my 'n stut: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle val my aan wanneer ek swaarkry, maar die Here hou my regop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle my aanval en ek diep in die moeilikheid was, was die Here daar om my te help. Hy het my gehelp dat ek nie ondergaan nie. |