Psalms 18:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het van bo af gestuur, Hy het my geneem, Hy het my uit baie waters getrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die bodem van die see word sigbaar, die fondamente van die aarde word ontbloot deur die gebulder van die Here, en die rukwind van sy asem.
Afrikaans 1933/1953 En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus.
Afrikaans 1983 Die seebodem het sigbaar geword, die fondamente van die aarde is blootgelê deurdat U, Here, op hulle gebulder het met die orkaan van u toorn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die beddings van die strome het sigbaar geword; die fondamente van die aarde is ontbloot deur u dreiging, Here, deur die windvlaag uit u neus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die Here met sy vyande raas, wanneer die asem uit sy neus 'n stormwind word, dan word die see leeg, en die fondamente van die wêreld lê oop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, Here, as U op mense skree, is dit nie speletjies nie. Dit is soos ’n orkaan wat alles uitmekaarruk. Jy sien die see se bodem en die aarde se fondamente.