Psalms 18:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe is die waterstrome gesien, en die fondamente van die wêreld is ontdek deur U teregwysing, o HERE, deur die geblaas van die asem van U neus.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy skiet sy pyle, verstrooi sy vyande; sy weerlig flits, hulle is verbysterd.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar.
Afrikaans 1983 Hy het sy pyle afgeskiet en die vyand uitmekaar gejaag, hulle met 'n menigte weerligstrale op loop gejaag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy stuur sy pyle en jaag hulle uiteen; Hy werp sy weerligstrale en bring hulle in verwarring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die baie weerligstrale was sy pyle, Hy het sy vyande na al die kante toe gejaag en Hy het hulle laat vlug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die weerligstrale soos pyle tussen die mense begin slaan, het dit die vyand in alle rigtings laat spaander. Hy het hulle op ’n hoop gejaag.