Psalms 18:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; en hy het weerlig uitgeskiet en hulle in verwarring gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here se stem donder uit die hemel; die Allerhoogste laat sy stem hoor: hael en weerligstrale. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het dit uit die hemel laat dreun, die Allerhoogste het sy stem laat hoor in hael en weerligstrale. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here laat die donder weerklink in die hemelruim; die Allerhoogste laat sy stem hoor met hael en gloeiende kole vuur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het die donderweer laat raas in die lug, die Hoogste God het hard gepraat, en daar was hael en kole vuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met ’n harde stem het die Here uit die hemel gepraat, hael en weerligstrale het gevlieg. Ek het die stem van die Allerhoogste gehoor. |