Psalms 18:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | By die glans wat voor hom was, het sy dik wolke verbygegaan, haelklippe en vuurkole. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het Homself met donkerte omhul, reënwolke en wolkemassas het Hom bedek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke. |
| Afrikaans 1983 | Hy het Hom in donkerte gehul, donker waters en wolkemassas was sy bedekking. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het van die donker sy beskutting gemaak; rondom Hom was sy skuiling swaar wolke, donker van water. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was donker rondom Hom, donker water en dik wolke het Hom toegemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Mens kon die Here nie sien nie, want dit was donker om Hom. Donker wolke en waters het Hom toegevou. |