Psalms 17:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toon u wonderlike goedertierenheid, o U wat die wat op U vertrou, deur U regterhand verlos van die wat teen hulle opstaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U wat red met u sterke hand, toon u wonderlike trou aan hulle wat beskerming soek van vyande. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders! |
| Afrikaans 1983 | Toon u wonderlike trou, U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wys my die wonders van u troue liefde, Verlosser van hulle wat teen teenstanders skuiling soek by u regterhand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet 'n wonderwerk doen en doen wat U belowe het, U wat die Redder is, U red mense wat vra dat U hulle by U moet beskerm teen hulle vyande. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wys met wat U doen hoe lief U vir my is. Want U red mense wat by U kom wegkruip uit die kloue van ander wat hulle wil seermaak. |