Psalms 17:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het my hart getoets; U het my in die nag besoek; jy het my beproef, en jy sal niks vind nie; Ek het my voorgeneem dat my mond nie sal oortree nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het my gedagtes getoets, my in die nag ondersoek. U het my deeglik beproef, maar niks verkeerds gekry nie; ek is vasbeslote om nie te sondig in wat ek sê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie. |
| Afrikaans 1983 | As U my sou toets, my selfs in my slaap sou ondersoek, my deeglik sou keur, sou U niks verkeerds vind nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het my hart getoets, my snags ondersoek, U het my deur die smeltkroes laat gaan, maar U het niks gevind nie. Ek het my voorgeneem: My mond sal nie oortree nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer U in die nag by my kom en kyk wat ek gedoen het, wanneer U my toets, dan sal U weet ek maak nie slegte planne nie. Wanneer ek praat, dan praat ek nie verkeerde dinge |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U wou weet hoe ek optree as ek alleen is; daarom het U gekyk of U op my kan staatmaak. U het my getoets. Maar U kon geen fout vind nie. |