Psalms 17:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | ('n Gebed van Dawid.) Hoor die regter, HERE, luister na my geroep, luister na my gebed wat nie uitgaan van geveinsde lippe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister na my wanneer ek smeek dat U aan my reg moet laat geskied, Here, luister na my geroep om hulp. Gee tog aandag aan my gebed, want wat ek sê, is met opregtheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe. |
| Afrikaans 1983 | 'n Gebed van Dawid. Luister tog, Here, na my regverdige saak, let op my hulpgeroep. Hoor tog die gebed wat ek in alle opregtheid bid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Gebed. Van Dawid. Luister tog na 'n regverdige saak, Here, gee tog aandag aan my klaagroep, hoor my gebed wat kom oor lippe sonder bedrog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Gebed van Dawid. Here, U moet luister, ek is onskuldig. U moet luister wanneer ek vra dat U my moet help, U moet luister wanneer ek bid. Ek het niemand bedrieg nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, help my! My saak is regverdig. Ek staan eerlik voor U, sonder vals motiewe. Hoor tog terwyl ek na U roep! Ek is opreg as ek dit vra. |