Psalms 16:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE is die deel van my erfdeel en van my beker: U bewaar my lot.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot.
Afrikaans 1983 Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Here, my erfdeel, my beker, U bepaal my lot.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, ek het net vir U, dit is net U wat my kan laat lewe, dit is Ú wat besluit wat met my sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Alles wat die Here vir my doen, maak my vol vreugde. Hy is die grootste geskenk wat ek nog ooit gekry het. U sorg vir my, Here.