Psalms 16:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle smarte sal vermenigvuldig word wat hulle agter 'n ander god aanjaag; hulle drankoffers van bloed sal Ek nie offer nie en hulle name nie op my lippe neem nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag hulle wat ander gode najaag baie droefheid beleef. Drankoffers van bloed sal ek nie uitgiet nie, of die name van hulle afgode op my lippe neem nie.
Afrikaans 1933/1953 Die smarte van hulle wat 'n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie.
Afrikaans 1983 Mag elkeen wat 'n ander god vereer, baie smart beleef. Vir afgode sal ek nie bloedoffers uitgiet nie, hulle name sal ek nie op my lippe neem nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie hulle na ander gode haas, vererger hulle smart. Ek sal nie vir hulle •drankoffers van bloed uitgiet nie, en ek sal nie hulle name op my lippe neem nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal baie sleg gaan met mense wat in daardie afgode glo. Ek sal nie drank-offers van bloed vir hulle gee nie, ek sal nooit hulle name sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sulke afgode, hoe mooi hulle ook al mag lyk, sal ek nooit dien nie. Ek sal selfs nie eens hulle name noem nie.