Psalms 16:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (Michtam van Dawid.) Bewaar my, O God, want op U stel ek my vertroue. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Beskerm my, o God, want ek kom na U toe vir skuiling. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Gedig van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek. |
| Afrikaans 1983 | 'n Gedig van Dawid. Neem my in beskerming, o God; ek soek skuiling by U. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Miktaam. Van Dawid. Beskerm my, o God, want by U skuil ek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Lied van Dawid. My God, U moet my beskerm, ek wil veilig wees by U. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Beskerm my, o God, want ek kom kruip by U weg. U pas my op. |