Psalms 15:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat sy geld nie op woeker uitsit en geen beloning teen die onskuldige neem nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nooit wankel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | wat nie geld op rente uitleen nie, en nie omkoopgeld teen onskuldiges aanvaar nie. ’n Mens wat so optree, sal vir altyd stewig staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie. |
| Afrikaans 1983 | sy geld nie op rente uitleen nie en hom nie laat omkoop om die onskuldige te kort te doen nie. Wie hom hieraan hou, sal nooit wankel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy leen nie sy geld teen rente uit nie, en aanvaar nie 'n omkoopgeskenk ten koste van die onskuldiges nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nooit struikel nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | die mens wat vir ander mense geld leen maar wat hulle nie rente laat betaal nie, die mens wat nie geld neem om te sê onskuldige mense is skuldig nie. Die mens wat hierdie dinge doen, sal altyd vas staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy leen nie sy geld teen rente uit nie. Hy laat hom ook nie omkoop om verkeerde dinge te doen en onskuldiges te benadeel nie. Wie hierdie dinge doen, sal altyd vas bly staan. |