Psalms 15:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In wie se oë 'n gemene persoon verag word; maar Hy eer die wat die HERE vrees. Hy wat tot sy eie skade sweer en nie verander nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | wat dié wat aanhou sondig, verfoei, húlle eer wat die Here dien, en beloftes gestand doen selfs tot sy nadeel; |
| Afrikaans 1933/1953 | in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie; |
| Afrikaans 1983 | hy wat dié verag wat deur God verwerp is, maar almal eer wat die Here dien; wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In sy oë is die een wat verwerp is, veragtelik, maar hy eer dié wat vir die Here ontsag het. Al sweer hy tot sy nadeel, hy verander nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | die mens wat niks wil doen saam met mense vir wie die Here gelos het nie, maar wat die mense respekteer wat die Here dien, die mens wat doen wat hy belowe het, ook wanneer dit nie goed is vir homself nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy hou ook nie van mense van wie God nie hou nie. Maar God se vriende is ook sy vriende; van hulle hou hy. Hy hou sy woord, al kos dit hom soms duur. |