Psalms 15:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat nie met sy tong terugpraat en sy naaste geen kwaad doen nie en geen smaad teen sy naaste aanpak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | wat nie sy medemens belaster, hom benadeel, of van hom kwaadpraat nie; |
| Afrikaans 1933/1953 | wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie; |
| Afrikaans 1983 | nie kwaad praat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy laster nie, doen sy medemens nie kwaad aan nie en bespot nie sy naaste nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | die mens wat nie sleg praat van ander mense nie, die mens wat nie slegte dinge doen aan ander mense nie en wat hulle nie beledig nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy skinder nie en praat nie sleg oor ander nie, en steek ook nie sy vriend in die rug nie. Dit is iemand wat nie dinge sê wat iemand anders seermaak nie. |