Psalms 149:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | om aan hulle die oordeel te voltrek wat geskrywe is: hierdie eer het al sy heiliges. Prys die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | om die oordeel te voltrek wat reeds vasgestel is. Dit is die roem van sy troue dienaars. Prys die Here! |
| Afrikaans 1933/1953 | om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja! |
| Afrikaans 1983 | en die vonnis aan hulle voltrek soos dit vasgestel is. Dit sal die triomf wees van al die troue dienaars van God. Prys die Here! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | om die vonnis wat opgeteken is, oor hulle te voltrek. Dit sal luister verleen aan al sy getroue volgelinge. Halleluja! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet met die konings doen wat die Regter besluit het en geskryf het. Die volke sal die mense respekteer wat in die Here glo. Julle moet die Here prys! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal wat die Here dien, wil graag ontslae raak van mense wat nie na die Here luister nie. En hulle sal dit regkry. Kom prys die Here! |