Psalms 148:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy verhef ook die horing van sy volk, die lof van al sy heiliges; van die kinders van Israel, 'n volk wat naby hom was. Prys die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het sy volk sterk gemaak. Dít is die lof van al sy troue dienaars, die volk Israel, wat na aan Hom is. Prys die Here! |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja! |
| Afrikaans 1983 | Hy het aan sy volk mag gegee. Dit is die roem van al sy troue dienaars, die Israeliete, die volk naby wie Hy is. Prys die Here! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het sy volk sterk gemaak – 'n rede tot lof vir al sy troue volgelinge, die Israeliete, die volk wat na aan Hom is. Halleluja! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het sy volk sterk gemaak. Almal wat in Hom glo, prys Hom. Israel prys Hom, Israel, die volk wat Hom in sy tempel dien. Julle moet die Here prys! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van sy kinders maak Hy helde. Hy gee aan hulle mag. Al sy kinders wat naby aan Hom lewe, sal Hom daarvoor prys. Kom prys die Here! |