Psalms 148:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat hulle die Naam van die HERE loof, want sy Naam alleen is voortreflik; sy heerlikheid is bo die aarde en die hemel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat hulle die Naam van die Here loof. Want net sy Naam is verhewe. Sy majesteit is bo die aarde en hemel. |
| Afrikaans 1933/1953 | laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel! |
| Afrikaans 1983 | Laat hulle die Naam van die Here prys, want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat hulle die Naam van die Here loof, want sy Naam alleen is hoog verhewe; sy luister reik oor aarde en hemel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | hulle almal moet die Naam van die Here prys, want sy Naam is belangriker as alles. Hy is Koning van die aarde en die hemel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag almal die Here kom loof. Ja, Hy alleen is groot en belangrik. Ver in die hemel en ook hier op aarde kan almal sien hoe groot Hy is. Hy is so wonderlik dat woorde Hom nie kan beskryf nie. |