Psalms 147:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het 'n welbehae in die wat Hom vrees, in die wat op sy goedertierenheid hoop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here verheug Hom in hulle wat Hom dien, in dié wat hulle hoop vestig op sy troue liefde. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop. |
| Afrikaans 1983 | maar Hy stel prys op dié wat Hom dien, dié wat hulle hoop vestig op sy trou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het, wat hulle hoop vestig op sy troue liefde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar Hy hou van mense wat Hom dien, mense wat glo dat Hy sal doen wat Hy belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat Hy wil hê, is dat mense Hom moet dien en aanbid. Dit is dié mense wat weet dat die Here hulle baie liefhet. |