Psalms 147:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het geen behae in die krag van die perd nie; hy het geen behae in die bene van 'n man nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die krag van ’n oorlogsperd beïndruk Hom nie; met die ratsheid van ’n krygsman neem Hy nie genoeë nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het niks aan die krag van 'n perd of die liggaamskrag van 'n soldaat nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is nie die krag van 'n perd, waaroor Hy Hom verheug nie, nie die bene van 'n man, waarin Hy vreugde vind nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sterk perde of vinnige manne is nie belangrik vir die Here nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die prestasies van ’n mens en die krag van ’n dier maak nie indruk op die Here nie. Die krag van bomme, die prestasies van geleerdes of die geheue van die slimmes beïndruk die Here nie. |