Psalms 147:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Prys die HERE, want dit is goed om tot eer van onse God te sing; want dit is aangenaam; en lof is lieflik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Prys die Here! Want dis goed om ons God te prys. Dis ’n vreugde en ’n genot om Hom te prys. |
| Afrikaans 1933/1953 | Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; 'n loflied is gepas! |
| Afrikaans 1983 | Prys die Here! Dit is goed om tot lof van ons God te sing, dit is 'n genot om die loflied te sing wat Hom toekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Halleluja! Ja, dit is goed om ons God te besing, ja, dit is aangenaam – 'n loflied is gepas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet die Here prys! Want dit is goed om vir ons God te sing, ja, dit is lekker en dit is reg om Hom te prys. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom prys die Here. Dit is goed om ons God met liedere groot te maak. Ja, dit is wonderlik. Dit pas by die Here se kinders om met liedere vir Hom dankie te sê. |