Psalms 146:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE bewaar die vreemdelinge; wees en weduwees help hy, maar die weg van die goddelose keer Hy om.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here beskerm die vreemdelinge. Hy ondersteun weeskinders en weduwees, maar die pad van bose mense maak Hy skeef.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom.
Afrikaans 1983 Hy beskerm vreemdelinge en help weeskinders en weduwees, maar Hy versper die pad vir die goddeloses.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die Here beskerm •vreemdelinge; vaderloses en weduwees help Hy op, maar die pad van goddeloses maak Hy krom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here beskerm vreemdelinge, Hy help weeskinders en weduwees om makliker te kan lewe, maar Hy laat mense swaarkry wat verkeerd lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle wat verstoot word en nie voorregte het soos ander nie, kan op die Here vertrou. Hy sal vir hulle sorg. Maar mense wat hulle nie aan die Here steur nie, is in groot moeilikheid.