Psalms 146:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gelukkig is hy wat die God van Jakob tot sy hulp het, wie se hoop op die HERE sy God is.
Afrikaans (NLV) 2011 Gelukkig is hy wie se hulp die God van Jakob is, wat sy hoop vestig op die Here sy God
Afrikaans 1933/1953 Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God,
Afrikaans 1983 Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gelukkig is die mens wat die God van Jakob as sy hulp het, wie se hoop gevestig is op die Here, sy God –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit gaan goed met mense vir wie die God van Jakob help, mense wat glo dat hulle God die Here hulle sal help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoor mooi, jy sal nie ’n fout maak as jy op die God van Jakob vertrou om jou te help nie. Hy het deur die geskiedenis gewys dat jy Hom kan vertrou. Iemand wat die Here as sy God vertrou, is ’n baie gelukkige mens.