Psalms 146:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy asem gaan uit, hy keer terug na sy aarde; op daardie selfde dag vergaan sy gedagtes.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy asem hou op, en hy word weer grond. Skielik kom al sy planne tot ’n einde.
Afrikaans 1933/1953 Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.
Afrikaans 1983 Sy asem verlaat hom, hy word weer grond en sy planne is daarmee heen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy asem gaan uit, hy keer terug na die grond; op daardie dag is sy planne daarmee heen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer mense hulle asem uitblaas en sterf, dan gaan hulle terug na die grond, en dan verdwyn al hulle planne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Mens is net van stof gemaak en leef net ’n kort rukkie. As hy doodgaan, word hy weer soos niks. Sy planne hou nie lank nie. Daarom kan jy nie op ’n mens staatmaak om jou te help nie.