Psalms 145:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal die gedagtenis van u groot goedheid in menigte verkondig en van U geregtigheid sing.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal vertel van u onvergeetlike goedheid; en met vreugde sing van u regverdigheid.
Afrikaans 1933/1953 Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid.
Afrikaans 1983 Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondig en oor u reddingsdade jubel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor herinneringe aan u groot goedheid sal hulle uitwei; oor u regverdige optrede sal hulle jubel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal weet dat U groot en goed is, hulle moenie ophou praat daaroor nie, hulle moet sing en sê dat U altyd reg doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal nadink oor al die wonderlike dinge wat U gedoen het. As hulle met verbasing praat oor hoe sterk U is, sal ek oor u grootheid praat.