Psalms 145:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My mond sal die lof van die HERE verkondig, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die lof van die Here wil ek verkondig. Alles wat leef, sal sy heilige Naam vir altyd prys! |
| Afrikaans 1933/1953 | Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die lof van die Here verkondig. Laat al wat leef, sy heilige Naam vir altyd prys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My mond sal die lof van die Here verkondig; alle mense moet sy heilige Naam prys vir altyd en altyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wil die Here prys, en almal wat lewe, moet sy heilige Naam prys, altyd en altyd. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die Here prys. Mag alles wat lewe, Hom altyd loof, want Hy is die Here. Daar is niemand soos Hy nie. |