Psalms 145:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal die begeerte vervul van die wat Hom vrees; Hy sal ook hulle hulpgeroep hoor en hulle red.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy vervul die begeertes van dié wat Hom dien; Hy hoor hulle hulpgeroep en red hulle.
Afrikaans 1933/1953 Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.
Afrikaans 1983 Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy vervul die wens van dié wat vir Hom ontsag het; hulle hulpgeroep hoor Hy, en Hy verlos hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy doen wat die mense vra, die mense wat Hom dien, Hy hoor wanneer hulle roep en vra dat Hy hulle moet help, en Hy red hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hulle om hulp vra, doen Hy iets daaraan. Hy verlos hulle uit hulle nood.