Psalms 145:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergebuig is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here help almal wat geval het en dié wat swaarkry, tel Hy op.
Afrikaans 1933/1953 Samek. Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is.
Afrikaans 1983 Die Here help almal op wat geval het. Hy ondersteun dié wat bedruk is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here ondersteun almal wat val, en help almal regop wat neergeboë is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here hou die mense regop wat wil val, Hy tel die mense op wat nie meer kan staan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sorg vir almal wat seerkry. Hy tel elkeen op wat swaarkry.