Psalms 145:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (Dawid se lofpsalm.) Ek wil U loof, my God, o koning; en ek sal U Naam loof vir ewig en altyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek wil U prys, my God en my Koning, u Naam wil ek altyd loof. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Loflied van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd. |
| Afrikaans 1983 | 'n Loflied van Dawid. Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Loflied. Van Dawid. Ek wil U verheerlik, o Koning, my God; ek wil u Naam prys vir altyd en altyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Lied om die Here te prys. Van Dawid. My God, my Koning, ek wil U prys, ek wil u Naam prys, altyd en altyd. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My God, ek sal U prys en u Naam altyd grootmaak. U regeer oor alles. |