Psalms 144:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My goedheid en my vesting; my hoë toring en my redder; my skild en hy op wie ek vertrou; wat my volk onder my onderwerp.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is my troue hulp en my toevlug, my veilige vesting en my redder. Hy is my beskermer by wie ek skuil, wat volke aan my onderwerp.
Afrikaans 1933/1953 my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp.
Afrikaans 1983 U is my krag en my skuilplek, my veilige vesting en my redder, my beskermer by wie ek skuil, wat my volk aan my onderdanig maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy is my vertroueling, my bergskuiling, my beskutting, my bevryder, my skild, en by Hom skuil ek, Hy wat my volk aan my onderwerp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy doen altyd wat Hy belowe het, Hy is vir my soos 'n veilige plek in die berge, Hy beskerm my en Hy maak my vry, Hy is vir my soos 'n skild, ek voel veilig by Hom. Hy maak my mense gehoorsaam aan my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy is goed vir my en beskerm my. Hy hou my veilig en help my as dit nodig is. By Hom voel ek veilig. Hy laat my mense aan my gehoorsaam wees.