Psalms 144:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat ons osse sterk kan wees om te arbei; dat daar geen in- of uitgaan sal wees nie; dat daar nie in ons strate gekla word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons beeste sal baie kalwers hê. Daar sal geen breuk in ons mure, en geen ballingskap meer wees nie; geen klaagkrete sal weer op ons pleine gehoor word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | ons beeste gelaai mag wees; geen bres in ons mure en geen uittog daaruit, en geen geskreeu op ons pleine nie. |
| Afrikaans 1983 | Mag ons beestrop 'n groot kalweroes lewer. Mag ons nooit oorval en weggevoer word nie, mag daar geen klaagkreet op ons pleine gehoor word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en ons beeste swaar dragtig kan wees; met geen bres in ons mure nie, geen veldtogte en geen gejammer op ons pleine nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en dat ons beeste baie kalwers sal hê. Ons bid dat vyande nie in ons stad sal kom en die mense sal wegvat nie, ons bid dat ons nie op die oop stukke grond sal moet staan en huil nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag ons vyande nooit ons stad inneem en ons as gevangenes daaruit weglei nie. Mag ons mense nooit in die stad skree omdat hulle daar bang is nie. |