Psalms 144:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat ons skure vol kan word en allerhande voorraad kan bied, sodat ons skape duisende en tienduisende op ons strate kan voortbring.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons voorraadskure sal vol wees van allerlei soorte lewensmiddels. Ons kleinvee sal vermeerder by die duisende, selfs by die tienduisende op ons velde.
Afrikaans 1933/1953 dat ons skure vol mag wees, wat allerhande soorte voorraad oplewer; ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tien duisende vermeerder word op ons velde;
Afrikaans 1983 Mag ons skure vol wees en oorloop van kant tot kant. Mag ons kleinvee in hulle duisende aanteel, in hulle tienduisende vermenigvuldig op ons weivelde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat ons graanskure vol kan wees, alle soorte kos kan lewer, ons kleinvee met duisende, met tienduisende, kan vermeerder in ons oop weivelde,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons bid dat ons stoorkamers vol sal wees, dat daar baie soorte kos sal wees. Ons bid dat ons skape en ons bokke op ons veld duisende, tienduisende lammers sal hê,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laat ons skure vol wees van die oes en ons skape en bokke by die tienduisende aanteel en ons beeste baie kalwers hê.