Psalms 144:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat ons seuns kan wees soos plante wat in hulle jeug grootgeword het; sodat ons dogters soos hoekstene kan wees, gepolijst na die gelykenis van 'n paleis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal ons seuns in hulle jeug opgroei soos goed versorgde plante. Ons dogters sal hoekpilare wees, uitgebeitel soos vir ’n paleis. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van 'n paleis; |
| Afrikaans 1983 | Mag ons seuns wees soos plante wat hoog groei in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare, uitgebeitel soos vir 'n paleis. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat ons seuns soos volgroeide plante kan wees in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare, uitgekerf, geskik vir 'n paleis, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons bid dat ons seuns sal wees soos plante wat groei en groot word terwyl hulle nog jonk is. Ons bid dat ons dogters sal wees soos die mooi pilare op die hoeke van die paleis. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat ons seuns sterk word soos jong bome en ons dogters soos die mooiste pilare in die paleis wees. |