Psalms 144:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) ('n Psalm van Dawid.) Geloofd sy die HERE my sterkte, wat my hande leer om oorlog te voer en my vingers om te veg!
Afrikaans (NLV) 2011 Geseënd is die Here, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te maak.
Afrikaans 1933/1953 'n Psalm van Dawid. Geloofd sy die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer --
Afrikaans 1983 Van Dawid. Geloof sy die Here, Hy is my rots. Hy leer my hande om oorlog te maak, my vingers om te veg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van Dawid. Die Here, my rots, moet geprys word, Hy maak my hande bedrewe vir die geveg, my vingers vir die oorlog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Van Dawid. Ek wil die Here prys! Hy is my Rots. Hy leer vir my hande om te veg, Hy leer vir my vingers om oorlog te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil vir die Here baie dankie sê. Hy beskerm my. Hy leer my hoe om oorlog te maak.