Psalms 143:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat my in die môre u goedertierenheid hoor; want op U vertrou ek; laat my die weg ken wat ek moet bewandel; want Ek hef my siel tot U op. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat ek in die oggend hoor van u onfeilbare liefde, want ek vertrou op U. Wys my die pad waarop ek moet loop, want tot U rig ek my gebed. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U. |
| Afrikaans 1983 | Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat my in die môre van u troue liefde hoor, want op U vertrou ek. Wys my die pad wat ek moet loop, want na U is my verlange. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet elke oggend vir my sê dat U sal doen wat U belowe het, want ek glo dat U my sal help, nét U sal help. U moet vir my sê hoe ek moet lewe, ja, ek bid en vra dit vir U, nét vir U. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elke dag wil ek hoor hoe U my liefhet, want ek vertrou U. Lei my asseblief op die regte lewenspad. Met my hele lewe is ek van U afhanklik. |